Minimize
2015 VSA Pistool Toer

Geagte ouers, skoolhoofde en skietvriende.

Baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat ek en Trudie Badenhorst gehad het om u kind as skut en mens beter te leer ken het gedurende die pas afgelope SANSSU PPP skiettoer na die VSA. Dit was werklik ‘n groot voorreg. Elkeen se gedrag was van so ‘n aard dat hulle met trots die SANSSU klere en kleure gedra het.Ons het baie pluimpies van die Amerikaners, baanpersoneel en ook vanaf Delta se lugwaardinne gekry oor die algemene netheid en gedrag van ons skuts.

Baie hartlik geluk aan Antoinette Fouche en Claudio Surmon wat as spankapteine opgetree het tydens die toer. Julle het goeie werk gedoen en ons taak asspanbestuur makliker gemaak.

Baie dankie aan al die ouers wat teenwoordig was in Colorado Springs tydens ons toer. Dit is altyd lekker om ouers betrokke te sien raak by hul spruite se doen en late.Baie dankie ook aan al die ouers wat so gereeld foto’s op ons facebook bladsygeplaas en versprei het.

Ons skuts het werklik uitstekend presteer. Ek het navraag gedoen oor die hoeveelheid skuts wat die skietsport bedryf in Amerika. Die antwoord was ‘n verstommende 16 MILJOEN !!!!!!!!!!

OnsSANSSU ledetal is maar knap by die 1 300 lede waarvan ongeveer 55 pistoolskuts is. Met hierdie in gedagte lyk ons uitslae as volg:

VRYSTAANDEKLAS: INTERNASIONAAL STAANDE: INDIVIDUEEL (76 skuts neem deel vanoor die hele Amerika)

Claudio Surmon verdien ‘n 39ste plek met ‘n telling van 690.

Tiaan Priem verdien ‘n 53ste plek met ‘n telling van 663. (Hy het met ‘n geleende pistool geskiet aangesien sy pistool verlore geraak het tydens ons vlugte). KNAP GEDAAN TIAAN!!!!

Antoinette Fouche verdien ‘n 57 ste plek met ‘n telling van 649.

STAANDEMET ONDERSTEUNING. (22 skuts neem deel)

Tharina Opperman verdien ‘n 2de plek met ‘n telling van 723.

De Marco Holtzhausen verdien ‘n 4de plek met ‘n telling van 694.

Anton Olde Olthof verdien ‘n 6de plek met ‘n telling van 684.

SITTENDMET ONDERSTEUNING. (37 skuts neem deel)

Wagener Roux verdien ‘n 8ste plek met ‘n telling van 776.

Sarel Herbst en Roan Hough verdien ‘n 11de en 12de plek met ‘n telling van 775. (Roanis uitgetel).

IN SPANVERBAND:

Ons 0/13 Sittende span met lede Wagener Roux; Roan Hough en Sarel Herbst verdien ‘n EERSTE plek met ‘n telling van 2326, 7 punte bo die naaste Amerikaanse span. Ongelukkig kon ons nie deel in hierdie medaljes nie aangesien dit die Amerikaners se Nasionale Kampioenskappe is.

Ons ander twee spanne, die SANSSU CHEETAS met lede Antoinette Fouche, Tharina Opperman en Anton Olde Olthof verdien ‘n 5de plek en die SANSSU RHINOS met lede Tiaan Priem, Claudio Surmon en De Marco Holtzhausen verdien ‘n 7de plek vanuit 13 spanne.

Wagener Roux, Claudio Surmon, Antoinette Fouche en Tharina Opperman verdien dan ook medaljes by die prysuitdeling as die beste skuts in hul onderskeie klasse buite die VSA. Baie hartlik geluk aan hulle!!!!! DIT WIL GEDOEN WEES!!!!!!!

My hartlike dank aan Trudie Badenhorst, my mede afrigter en steunpilaar. Baie dankie vir die daaglikse terugvoering aan die ouers tuis, somtyds laat in dienag terwyl ons ander al slaap. Baie dankie ook vir die “ma” wees van veral ons kleintjies, van moed inpraat tot klere opvou en kaste regpak.

Baie dankie aan Gert Opperman en sy familie wat altyd lekker eetplekke en nuwe winkels uitgesnuffel het. Baie dankie ook vir die hulpverlening na ons soeke van die verlore pistool van Tiaan Priem.

Baie dankie aan John Olde Olthof, wat die hele toer as ouer meegemaak het. Hy het gou deel geword van ons toergroep en het homself as rigtingaanwyser en bankier (geldlener) onderskei.

Namens die hele toergroep wil ek die bestuur van SANSSU hartlik bedank dat hulle hierdie geleentheid moontlik gemaak het vir ons pistoolskuts. Elkeen het geweldig baie geleer, vriende bygekry en oomblike beleef wat lewenslank in ons gedagtes sal bly voortleef. Ons opvoedingstaak is nooit voltooi nie, ons kan net streef daarna om dit nog beter te maak in die toekoms vir ons jeug.

Groete.

Andre(Pine) Pienaar

Toerbestuurder

Foto's

Minimize
2014 BJI Toer
Minimize
2012 BJI Toer